African_Flags-63.png

Voortrekkers: Trichard Trek

Privacy Level: Open (White)
Date: [unknown] [unknown]
Location: South Africamap
Surname/tag: Voortrekkers
This page has been accessed 555 times.
Voortrekkers Chronologie Bloukrans/Weenen Bloedrivier Retief
Liebenberg Vegkop Erasmus Jagparty Veglaer Stamouers
Wit Umfolozi Trichard Van Rensburg Ithaleni
Please enter the WikiTree id next to the name like this [[Surname-no]]
and on the profile you can add the following for example [[Category:Voortrekker]]
and under the heading ===Voortrekkers===
1835-1839 [[Space:Voortrekkers:_Trichard_Trek|Voortrekkers Trichard se Trek]] :

Contents

Voortrekkers

Trichard se Trek

The Voorste Mense
  1. Nota: Trekgeselskap

Aan Grootrivier egter is Trichardt se trek versterk deur Nicolaas Prinsloo- wat sig later weer vervoeg het by die Van Rensburgs. Jan Pretorius, Hendrik Botha, Gert Scheepers en Izaak Albach, en nog later, miskien aan Vaalrivier eers, het Hans Strydom, wat eintlik behoort het tot Van Rensburg se trek, hom ook by Trichardt vervoeg. Albach, aangedui as 'n "oud en afgeleefde man," was inderdaad alleen en ook die ou onderwyser, Daniel Pfeffer, 'n bejaarde man, wat in sy 78e jaar in Delagoabaai oorlede is. Botha, byvoorbeeld, was nog maar 39 jaar oud toe hy dood is in Delagoabaai. Naas Carolus was Botha eintlik die wa-maker van die trek. Jan Pretorius was ook nog 'n betreklik jong man. Gert Scheepers is oorlede op die tog agter Van Rensburg aan. Strydom is 'n ongeletterde man van die "bywoner-tipe", van wie die vrou in Zoutpansberg oorlede is. Izaak Albach, wat die "uitlander"-element" verskaf het - iemand waarskynlik van die Frans-Duitse grens, wat dalk in Napoleon se leërs gedien het en homself voorgedoen het as 'n Fransman. Met sy baster-familie het hy 'n faktor in die trek gebring wat onophoudelik aanleiding gee tot onderlinge onaangenaamheid. Nieteenstaande sy swart vrou en hul vier kinders het hulle, as gevolg van 'n stilswygende ooreenkoms, hulle heeltemal eenkant gehou. Die merkwaardigste figuur onder die ouere vroue van die trek is die weduwee Scheepers, wat na die dood van haar man moes sorg vir 'n negetal kinders, asook vir haar wa en vee, sonder om beskikking te hê oor enige bediendes.

Die dag na Potgieter se vertrek verlaat Jan Pretorius, Hendrik Botha, Gert Scheepers en Izaak Albach hom met hul families, waens en vee, sodat Trichardt toe heeltemal alleen in Zoutpansberg agterbly tesame met Hans Strydom en hulle families, en die bejaarde Daniel Pfeffer.

  1. Nota: Aankoms in Delagoabaai.

Dae na hul aankoms word Trichardt se vrou, drie kinders en Daniel Pfeffer tegelyk siek aan die koors en die 21e April- 'n week na hul aankoms- is die goedige, stille ou Voortrekkeronderwyser oorlede. Die 25e is Catrina, een van die dogters van Albach, dood. Die 29e het "ouwe Botha dit afgeleg. En op 1e Mei snik die voorste Voortrekker dit uit langs die sterfbed van sy getroue trek-gesellin. Kort na die dood van Trichardt se eggenote is ook die vrou van Carolus oorlede, met een van haar seuntjies. Hans Strydom, Izaak Albach, Jan Pretorius en een van sy kinders het mekaar kort hierna opgevolg na die grafte, daar onder die wye ou wildevyeboom, bokant die fort teen die bult, waar teenswoordig die stad gebou is. Hulle het mekaar daar met verpletterende snelheid opgevolg binne die veertien dae wat daar verloop is na die dood van ou Daniel Pfeffer.

  1. Louis Trichard
    1. Nota: Louis Trichard met vrou en vier kinders
    2. Nota: Vrou, Martha oorlede 1 Mei 1838
    3. Nota: Wees gelaat Louis
    4. Nota: Wees gelaat Annie
    5. Nota: Wees gelaata Pieta
  2. Carolus Carolus
    1. Nota: Carolus Trichard met vrou en twee kinders
  3. Hendrik Botha
    1. Nota: Hendrik Botha met vrou en vyf kinders
    2. Nota: was nog maar 39 jaar oud toe hy dood is in Delagoabaai. (1838)
  4. Jan Pretorius
    1. Nota: J Pretorius met vrou en vier kinders
    2. Nota: Jan Pretorius provided Tregardt with a perpetual headache. Pretorius wished to buy gunpowder from Delagoa Bay.
  5. Gert Scheepers
    1. Nota: G Scheepers met vrou en nege kinders #
    2. Nota: Gert Scheepers is oorlede op die tog agter Van Rensburg-trek aan.
  6. Hans Strydom
    1. Nota: H Strydom met vrou en vyf kinders
    2. Nota:Hans Strydom is 'n ongeletterde van die "bywoner-tipe", van wie die vrou in Zoutpansberg oorlede is
  7. J Albrecht
    1. Nota: J Albrecht met vrou en vyf kinders
    2. Nota: Izaak Albach
  8. Daniel Pfeffer
    1. Nota: die ou onderwyser, Daniel Pfeffer, 'n bejaarde man, wat in sy 78e jaar in Delagoabaai oorlede is.
25 het oorleef
Die 25 oorlewendes (Karel was die 26e)
  1. H Botha
    1. Nota: Mev H Botha met vyf kinders
    2. Nota: Antje Botha, weduwee met twee dogters en drie seuns;
  2. Mev G Scheepers,
    1. Nota: Mev G Scheepers met vyf kinders
    2. Nota: Antje Scheepers, weduwee met een dogter en vier seuns;
  3. Mev J Pretorius
    1. Nota: Mev J Pretorius met twee kinders
    2. Nota: Breggie Pretorius, weduwee met twee seuns;
  4. Drie Jong mans en sewe weeskinders
    1. Nota: Willem Strydom, 'n jong man met twee broers en twee klein susters;
    2. Nota: Louis Trichard se drie kinders: Pieta, Louis en hul suster Annie. (Carolus was alreeds besig met sy reis verder die binneland is).
    3. Nota: Louw en Izaak Albach jr

Sources


What Links Here





Images: 1
Voortrekker Vlag
Voortrekker Vlag

Collaboration
  • Login to edit this profile and add images.
  • Private Messages: Contact the Profile Managers privately: South African Roots Project WikiTree and Louis Heyman. (Best when privacy is an issue.)
  • Public Comments: Login to post. (Best for messages specifically directed to those editing this profile. Limit 20 per day.)


Comments

Leave a message for others who see this profile.
There are no comments yet.
Login to post a comment.