Nog 'n ding: slawe, sonder familie verbindings, maar wat duidelijk deur hulle situasie verbonde is met die eienaars (ook al is dit 'n negatiewe soort verbinding).
My voorouder Thomas Heatlie-39 het moontlik twee van die laaste slawe uit Mauritius naar die Kaap gebring. Sy 'ekskuus' was dat dit twee persoonlike huisslawe was, wat 'natuurlik' met hom kon saamreis. Dit was ongeveer in 1813, en een van die twee, met die naam Moya, afkomstig uit Mosambiek, het by die familie bly werk (.. in latijn beteken 'famulus' slaaf of dienaar, sodat 'familia' almal in die huishouding was), en het nog gelewe tot in die 20e eeuw zodat my oupa hom nog as kind herinner het.
Ek het hom nou genoem in die store by Thomas Heatlie, maar eintlik sou sulke mense ook in WikiTree 'n eie plek moet kan kry.
Daar is die 'first fifty years' projek, waar slawe, ex-slawe, gevangenes, first-nation khoisan. Vir die meeste van hulle is daar geen (bekende gedocumenteerde) verbinding met die groot WikiTree boom nie.